Guniel Viljoen – Hoopstad
Ek het begin werk met Sion Agri omdat ek op soek was na onafhanklike landboukundige diens – sonder agendas, net suiwer kundigheid. Vandag gebruik ek feitlik al hul dienste: van grondontledings en -klassifikasies tot VRT-kaarte, bemestingsaanbevelings en plantstandbeplanning. Hulle dek alles wat ek in agronomie nodig het.
Die veranderinge is sigbaar. Ons het ons fosfaat-, kalium- en pH-statusse opgetel danksy hul aanbevelings. Veral die presisie-aspek – om net die regte hoeveelheid op die regte plek neer te sit – het vir ons uitstekende resultate gelewer.
Wat die uiteinde betref, het dit ‘n groot verskil gemaak. Natuurlik speel reënval ook ’n rol, maar ons sien beslis kostebesparings, veral op kunsmis en saad, danksy die VRT-kaarte.
By jaar drie het ek ’n drastiese verskil begin sien – waarskynlik omdat die regstellings teen daardie tyd goed in plek geval het en die balans in die grond gestabiliseer het.
Ek en Thomas Strydom kom al ‘n lang pad saam – seker al die beste deel van 20 jaar. Sy diens is puik. Dit is werklik ’n voorreg om iemand met sy kundigheid in jou span te hê – hy’s altyd net ’n oproep weg.
My ervaring met Sion Agri? Briljant. Die impak op my boerdery gee my gemoedsrus. Ek sien die verskil in my grond, en ek’s dankbaar dat ek die besluit geneem het om met hulle besigheid te doen.

















