“Die ware impak? Beter grond, slimmer insetgebruik en meer resilience in die droogtejare.”

Johan van Wyk – Schweizer-Reneke – Van Wyksrust Boerdery

My belangstelling in presisieboerdery het reeds in 2002 begin, toe ek ’n boer besoek het wat aan die voorpunt van dié benadering was. Veral differensiële bekalking het my toe reeds laat regop sit – die idee dat jy kalk presies plaas waar dit nodig is, eerder as om dit eweredig oor ’n land toe te dien, het net sin gemaak.

Ons het self begin boer, en in 2005 het ek iemand gesoek wat my kon bystaan met hierdie presisiebenadering. So het ek met Sion Agri begin besigheid doen. Ons boerdery lê in ’n streek waar grondtipe en potensiaal elke 100 meter drasties kan verskil. Dit beteken jy’t nooit ’n gemiddelde nie – jy’t óf swak grond wat die goeie uittrek, óf potensiaal wat verlore gaan.

Sion Agri het ons gehelp om daardie marginale gronde te identifiseer en uit te sny. Op sommige plase het ons tot 10–20% van die swakste dele verwyder of herbestem vir weiding. In die proses het ons begin om kalk en insette presies toe te dien waar dit waarde toevoeg – en dit het ’n wesenlike verskil gemaak.

Ons het ons lande in vier blokke verdeel en laat elke vierde jaar grondontledings en regstellings doen – insluitend pH, kalsium en magnesium. VRT-kaarte word deur Sion Agri opgestel, gebaseer op grondontledings, vogvlakke, vorige gewasse, opbrengsdata en selfs die komende seisoen se weersvoorspelling. Hierdie differensiële beplanning van stand en bemesting is nou hoe ons dinge doen.

Vroeër het ons “flat rate” gewerk – jy behandel die hele blok dieselfde, of dit nou reg is of nie. Nou behandel ons elke hektaar volgens sy eie potensiaal. En dis juis daardie differensiëring wat die grootste impak gehad het op ons produksiekoste én opbrengs.

Oor die afgelope 12 jaar het ons geleer om geduldig te wees – regstellings neem tyd, veral as jou grond oor dekades agteruitgegaan het. Maar ná drie volledige siklusse kon ek duidelik sien: die netto wins het verhoog, selfs in moeilike jare. In droogtes is dit nie net opbrengs nie, maar verminderde verliese wat uitstaan – want gesonde grond kan beter vog benut.

Die diens van Sion Agri is uitstekend. Ons beplan saam, bespreek praktyke, doen proewe, kyk na blaarontledings en leer saam. Wat ek regtig waardeer, is hoe hulle insig onder boere deel – vertroulik en verantwoordelik – sodat jy nie alles self hoef te toets nie. So is ‘n mens net altyd een stap voor.

Met Sion Agri aan my sy het ek my hele manier van besluitneming verbeter. Dankie, Sion Agri!

vennote

Presisie-landbou Dienste aan: