Hendrik Wessels – Marquad/Clocolaan
Ons het gevoel ons het ’n plafon bereik met ons opbrengste. Selfs in goeie jare was die oeste maar gemiddeld, en ons het besef: as ons nie iets verander nie, gaan daar niks verander nie. Ons moes die elemente wat binne ons beheer is so goed moontlik begin bestuur – en daarom het ons vir Thomas by Sion Agri genader.
Sedertdien loop ons die pad saam – en hulle ondersteun ons met alles: grondontledings, regstellings, kalkprogramme en variërende toedieningskaarte. Grondklassifikasies is gedoen, en op grond daarvan skryf Sion Agri die stand- en bemestingskaarte vir elke plantseisoen.
Ek het al my toerusting laat omskakel vir variërende toediening – planters, kalkstrooiers, alles. Ons is nou in ’n gestruktureerde, jaarlikse program wat verseker dat elke land minstens elke vier jaar kalk gestrooi word, presies waar dit nodig is.
Die resultate was binne die eerste jaar al sigbaar. Ons opbrengste het gestyg, ons het aanvanklike besparings gesien op saad, kunsmis en kalk, en my inkomstetrek het toegeneem. Veral teenoor die lande waar ons nog nie al die regstellings dadelik kon doen nie, het ek ‘n reuse verskil gesien in die dele waar wel aangepas is.
Ek kan regtig net met lof praat oor Sion Agri. Hul diens is vinnig, professioneel en doelgerig – as daar ’n probleem is, word dit binne ’n dag uitgesorteer. Hulle is uiters kundig, met jarelange ervaring, en die impak wat hulle op my boerdery gehad het, is onmeetbaar.

















