“Presisieboerdery saam met Sion Agri het nie net ons opbrengste verander nie, maar ook ons perspektief, ons effektiwiteit en ons toekoms.”

Barry van Wyk – Fochville – Doornkop Beleggings

Aanvanklik het ons net begin met eenvoudige chemiese ontledings en die behoefte om kalk korrek toe te dien. Alles was nog op gemiddeldes gebaseer, sonder variërende toediening of plantstande. Maar soos ons met Sion Agri begin saamwerk het, het dit vinnig uitgebrei – ons het grondklassifikasies laat doen, begin leer oor ons eie gronde se potensiaal en hoe om dit beter aan te spreek met presisie-insette.

Ons het begin met stand- en kunsmisvariasie, gebaseer op Sion Agri se aanbevelings. Hulle het vir ons ‘n “pop-up” voorgestel en dit het ‘n groot verskil gemaak. – sterker plante, beter opkoms en meer egalige stand. Toe ons later “green liquid” daarby gebruik het, het die resultate net verbeter.

Dis duidelik sigbaar in ons eie lande, teenoor nuwe huurlande: daar waar ons al vir jare werk met regstellings en variëring, kry ons meer egalige en beter opbrengs.

Oor die afgelope jare het ons:

  • Ons gemiddelde sojaboon-opbrengs met tot 1.5 ton/ha verhoog teenoor ons omgewing se langtermyngemiddeld.
  • Kalkgebruik met tot 50% verminder in sekere lande, omdat pH’s nou stabiel bly oor driejaar-siklusse.
  • 30% beter opbrengs gesien in lande waar pH’s reggestel en onderhou word.

Die sleutel? Presisie-aanpassings wat oor tyd volgehou word. Veranderinge het wel onmiddellik ‘n verskil gemaak, maar die omvang van die effek het mens oor die langer termyn eers besef.

Ek sê dit sonder twyfel: Sion Agri is ’n moet in my boerdery. Hul kennis en ervaring, en die gesindheid waarmee hulle dit na jou plaas toe bring is werklik ‘n riem onder die hart. Hulle hou my op hoogte van nuwe proewe, nuwe metodes en help om dit dadelik toe te pas waar dit sin maak.

Ek is werklik dankbaar. Sonder Sion Agri sou ek nie die saaiery aanpak soos ek vandag doen nie. Ek weet ons gaan nog ’n lang pad saam loop – om kos op mense se tafels te kry, koste-effektief te bly boer, en relevant te bly in ’n wêreld vol veranderlikes. Presisieboerdery saam met Sion Agri het ons gebring waar ons vandag is. Dankie Thomas en span!

vennote

Presisie-landbou Dienste aan: