Gerrie Schoeman – Chrissiesmeer – Verbiway (Pty) Ltd
Ek het begin besigheid doen met Sion Agri omdat ek en Thomas mekaar al lank ken van ‘n vorige plek af wat soortgelyke dienste lewer. Ek wou eintlik al vroeër oorgeskakel het, maar die geleentheid het hom later eers voorgedoen. En ek kan met sekerheid sê: Sion Agri is op elke vlak ’n stap vorentoe – meer doelgerig, meer presisie-georiënteerd, en veel meer detail-georinteerd as ander bekende konsultante.
Ek maak gebruik van feitlik al hul agronomiese dienste – van grondontledings en -klassifikasies tot veranderlike toediening van saad, kunsmis en kalk. Dit sluit ook VRT-kaarte, bemestingsbeplanning en standoptimalisering in.
Ons het verskeie belangrike aanpassings gemaak: onder meer presisie-strooi van hoendermis, VRT-bemesting en saad, topbemesting volgens behoefte, en kalktoediening op presiese sones gebaseer op hul data. Elke besluit is nou goed onderlê.
Die resultate praat vanself. In die afgelope vyf jaar het ons totale opbrengste met amper 20% toegeneem. Ons ROI het gestabiliseer op sowat 23% van totale insetkoste – wat vir my dui op uitstekende waarde.
Van jaar een af het ons seker aspekte begin verfyn en kon ons reeds positiewe resultate sien.
Ek is baie tevrede met Sion Agri. My ervaring is heeltemal positief – ek hou van hul styl van landboukundigheid. Ons werk goed saam, toets mekaar en ek kan sonder twyfel sê: die impak op my boerdery is groot.

















