Paul Roos – Vrede
Ek het aanvanklik na Sion Agri uitgereik omdat daar iets in hul dinamika was wat ek ’n behoefte gehad het om na my eie plaas toe te bring. Daar’s ’n moderne aanslag, ’n energieke ingesteldheid en ’n passie vir landbou waarby ek onmiddellik aanklank gevind heet.
Ons het voluit gegaan – van grondontledings en -klassifikasies tot VRT, bemestingsbeplanning, standaanbevelings, plantpopulasies en selfs rywydte-optimalisering. Alles wat hulle bied, het ons benut.
Die veranderinge wat ons aangebring het op grond van hul aanbevelings, het onmiddellik sin gemaak: ons het plantstande verhoog op sterk kolle, en dit verlaag waar die grond nie dieselfde kapasiteit het nie. Dieselfde met bemesting – ons het begin toepas waar dit tel. En die resultate het gekom. Ná net een seisoen het ons alreeds hoër opbrengste én duidelike kostebesparings gesien. Die grootste verskil? ’n Aansienlike hoër ROI.
Om met Sion Agri te werk is ’n plesier. Hulle bring presisie én passie na die tafel – en dis presies wat ons soek. Ons sien uit na nog ‘n lang pad vorentoe.

















